Meer as 140 renosters reeds vanjaar gestroop

Argieffoto

Argieffoto

SANParke het Woensdag bekend gemaak dat meer as 140 renosters reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 146 renosters is reeds vanjaar vir hul horings gestroop. Hy sê daar is sedert 1 Januarie vanjaar reeds 95 renosters in die Krugerwildtuin gestroop. In Noordwes is 14 renosters reeds vanjaar doodgemaak, 14 in Limpopo, 10 in KwaZulu-Natal en ses in Mpumalanga. Modise sê 44 mense is sedert die begin van die jaar vir oortredings wat met renosterstropery verband hou in hegtenis geneem. Hy sê 20 vermeende stropers is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem terwyl 10 in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.