Die Onafhanklike Verkiesingskommssie (OVK) het meer as 1 500 mense van Vryheid in KwaZulu-Natal van die kiesersrol verwyder.
Pansy Tlakula, voorsitter van die OVK, het Woensdag in Durban gesê die moontlikheid dat daar bedrog met kiesers se registrasie plaasgevind het, het hulle genoop om dié stap te doen en die polisie is gevra om die saak te ondersoek.
ʼn Tussentydse verkiesing van wyk 22 van die Abaqulusi-munisipaliteit, wat die dorp Vryheid insluit, was geskeduleer vir 24 April. Die verkiesing is egter uitgestel nadat beweringe aan die lig gekom het dat duisende mense wat vir die verkiesing geregistreer het, nie daar bly nie.
Tlakula het gesê altesaam 1 525 mense is van die kiesersrol van wyk 22 verwyder.
– SAPA
Verkiesings bedrog sal begin toeneem hoe nader dat na die algemene verkiesing kom.
Ek wonder hoe loop dinge in Zimbabwe. Volgens berigte is daar miljoene dooies wat gaan stem, en ‘n spul oor die ouderdom van 100. Klink soos ‘n spookstorie.
Soos elke jaar sedert 1994 Seg Net.