Meer as 1 500 in KZN van kiesersrol verwyder

Vryheid

Die Onafhanklike Verkiesingskommssie (OVK) het meer as 1 500 mense van Vryheid in KwaZulu-Natal van die kiesersrol verwyder.

Pansy Tlakula, voorsitter van die OVK, het Woensdag in Durban gesê die moontlikheid dat daar bedrog met kiesers se registrasie plaasgevind het, het hulle genoop om dié stap te doen en die polisie is gevra om die saak te ondersoek.

ʼn Tussentydse verkiesing van wyk 22 van die Abaqulusi-munisipaliteit, wat die dorp Vryheid insluit, was geskeduleer vir 24 April. Die verkiesing is egter uitgestel nadat beweringe aan die lig gekom het dat duisende mense wat vir die verkiesing geregistreer het, nie daar bly nie.

Tlakula het gesê altesaam 1 525 mense is van die kiesersrol van wyk 22 verwyder.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg Net ·

Verkiesings bedrog sal begin toeneem hoe nader dat na die algemene verkiesing kom.

Stoompie ·

Ek wonder hoe loop dinge in Zimbabwe. Volgens berigte is daar miljoene dooies wat gaan stem, en ‘n spul oor die ouderdom van 100. Klink soos ‘n spookstorie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.