Meer as 2 miljoen mense het Maandagaand glo op SABC2 ingeskakel om Riaan Cruywagen se finale nuusuitsending te sien.
Volgens Beeld het ongeveer 2.4 miljoen mense ingeskakel. Dit is 700 000 meer mense as wat Vrydagaand die nuus gekyk het en 500 000 meer as wat Dinsdagaand die nuus gekyk het, volgens die Suid-Afrikaanse Gehoornavorsingstiging (Saarf).
Cruywagen se laaste uitsending kom op die dag na presies 37 jaar ná hy by die SAUK begin werk het. Cruywagen het al meer as 7 000 TV-aanbiedings in sy loopbaan gedoen.
Klik hier om ‘n video van die uitsending te sien en klik hier om te lees wat Riaan vir sy aftrede beplan.
-SAPA