Meer as 2 renosters per dag gestroop in 2013

In die eerste 37 dae van die jaar is daar al 82 renosters vir hul horings doodgemaak.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 61 van die renosters is in die Krugerwildtuin gestroop. “Agt renosters is in KwaZulu-Natal gestroop, ses in Noordwes, vier in Mpumalanga en drie in Limpopo.” Modise sê 21 vermeende renosterstropers is reeds in hegtenis geneem. Hy sê 14 van die 21 is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem. In 2012 is 668 renosters vir hul horings doodgemaak in vergelyking met die 448 renosters wat in 2011 gestroop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae