Meer as 3 000 DKD-beamptes aangekla

jail_barsMeer as 3 000 beamptes van die departement van korrektiewe dienste (DKD) is in die 2012/13 finansiële jaar van wangedrag en korrupsie aangekla.

Minister Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, sê ʼn totaal van 251 beamptes is afgedank of gedemoveer terwyl daar tugstappe teen 2 850 beamptes geneem is. Ndebele het beloof om korrupsie in sy departement uit te roei. Tussen April en Desember 2013 is 28 beamptes afgedank, gedemoveer of geskors vir oortredings wat met bedrog en korrupsie verband hou. “In Augustus is Francis Moikutlwi Kwela (39), wat in diens van die departement was, tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy afgedank is vir bedrog ten bedrae van R1 823 393.”

Ndebele sê die departement is ook warm op die spoor van die beamptes wat glo betrokke was in die saak van Christoff Becker en Frikkie du Preez. Die twee is op 16 Februarie weer in hegtenis geneem nadat hulle ʼn week vroeër op parool vrygelaat is. Hulle is in hegtenis geneem nadat ʼn video die lig gesien het wat wys hoe hulle glo partytjie hou in ʼn tronksel by die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda ·

Die probleem lê dan by die kriteria van die aanstelling – word hierdie mense genoeg betaal vir die werk wat hulle verrig. Die Engelse sê “Bad management starts at the top’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.