Meer as 300 mense steeds vermis na skip sink

‘n Skip met sowat 600 mense aan boord het Saterdag langs die kus van Tanzanië gesink.

Die skip was onderweg van Dar Es Salaam en het tussen Tanzanië en Pemba-eiland gesink. Volgens ʼn regeringsamptenaar, Issa Guva, is sowat 250 mense waaronder 20 kinders reeds gered. Guva sê die soek- reddingspoging na die meer as 300 vermiste passasiers word bemoeilik weens ʼn gebrek aan toerusting. Die skip was glo oorlaai toe dit omstreeks 1:00 gesink het. Volgens ʼn oorlewende was daar sterk seestrome. Talle families van persone wat aan boord van die skip was, het intussen by die hawe in Stown Town bymekaargekom waar hulle wag vir nuus oor hul geliefdes. Een man het aan verslaggewers gesê dat hy meer as 25 lede van sy familie verloor het, waaronder, sy vrou, susters en kleinkinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.