Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 367 renosters is reeds vanjaar gestroop met die Krugerwildtuin wat reeds 247 renosters verloor het. “In Noordwes is 35 renosters reeds vanjaar gestroop, 33 in KwaZulu-Natal, 28 in Limpopo, 23 in Mpumalanga en een in Gauteng.” Modise sê 114 mense is reeds vanjaar in verband met renosterstropery in hegtenis geneem.
In 2012 is 668 renosters vir hul horings doodgemaak waarvan 452 in die Krugerwildtuin gestroop is.