Meer as 360 renosters reeds gestroop

Foto: Moira-Marie Kloppers

Meer as 360 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 367 renosters is reeds vanjaar gestroop met die Krugerwildtuin wat reeds 247 renosters verloor het. “In Noordwes is 35 renosters reeds vanjaar gestroop, 33 in KwaZulu-Natal, 28 in Limpopo, 23 in Mpumalanga en een in Gauteng.” Modise sê 114 mense is reeds vanjaar in verband met renosterstropery in hegtenis geneem.

In 2012 is 668 renosters vir hul horings doodgemaak waarvan 452 in die Krugerwildtuin gestroop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.