Meer as 50 Bronkhorstspruit-betogers in hegtenis geneem

Die polisie is op hoë gereedheid in Bronkhorstspruit Foto: Twitter

Die polisie is op hoë gereedheid in Bronkhorstspruit Foto: Twitter

Meer as 50 mense is Dinsdag in hegtenis geneem nadat ‘n biblioteek en ‘n huis deur betogers in Bronkhorstspruit aan die brand gesteek is.

“Ek het nie inligting oor die spesifieke aantal inhegtenisnemings nie, maar ek weet dat die polisie meer as 50 mense in hegtenis geneem het,” het Johannes Japhta, woordvoerder van die Gautengse polisie, gesê. “Die polisie het die skare uit mekaar gejaag wat klein groepies gevorm het. Teen 15:45 was die situasie kalm en onder beheer.”

Die mense sal binnekort op aanklag van openbare geweld en onwettige samekoms in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn.

Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.
Die voorval het vanoggend om 03:00 plaasgevind. Niemand is beseer nie. Drie mense was in die huis toe dit aan die brand gesteek is, maar hulle kon daarin slaag om ongedeerd te ontsnap. Klik hier om meer te lees. – SAPA

Lees ook:
Bronkhorstspruit onluste: Biblioteek en huis ook afgebrand
Video: “Ons is al ‘n week sonder krag”
Foto: Betogers brand Bronkhorstspruit-polisiestasie af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

3 Uur in die oggend my gedra soos ‘n hooligan .. arrgh, dis barbaars om die minste te se. More huil hulle weer ekstra-lang krokodil-trane. Wonder wat gaan gebeur met die 50 plus – tikkie oor die vingers ?

Marieta ·

Hopelik word die rekening vir die 50 se vakansie met gratis etes ingesluit, van Malema verhaal en nie van ons arme onderdrukte belasstingbetalers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.