Meer as 50 vas vir Kaapstad-geweld

Inwoners op soek na voorraad nadat twee winkels afgebrand het Foto: Henk Kruger, IOL http://www.iol.co.za/news/crime-courts/fear-grips-wallacedene-1.1535076#.UcQSaflmim4

Vyf-en-vyftig mense is vandeesweek tydens betogings in Wallacedene, Kaapstad, in hegtenis geneem vir openbare geweld.

“Die groep sal Maandag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. Betogings het Maandag in die gebied uitgebreek nadat inwoners aangevoer het HOP-huise word aan mense van ander gebiede verkoop.

“Verskeie sakeondernemings wat deur plaaslike inwoners en uitlanders, hoofsaaklik Somaliërs en Chinese, besit word, is geplunder weens onrus in die gebied,” het Traut gesê.

Arno Lamoer, provinsiale polisiekommissaris, het Donderdagoggend met gemeenskapsleiers en verteenwoordigers van die winkels vergader. “ʼn Swaar polisieteenwoordigheid sal in die gebied gehandhaaf word om enige situasie te hanteer, en om wet en orde te handhaaf,” het Traut bygevoeg.

Die polisie sê die situasie is tans “onder beheer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.