Meer as 600 polisiebeamptes sedert April 2011 in Gauteng in hegtenis geneem

luitenant-generaal Mzwandile Petros. Foto: www.you.com

Provinsiale polisie-offisier luitenant-generaal Mzwandile Petros het vandag bekend gemaak dat meer as 600 polisiebeamptes sedert April verlede jaar in Gauteng in hegtenis geneem is.

Die Sowetan berig dat wenke uit die gemeenskap tot vele van dié inhegtenisnames gelei het.

“As daar een ding is waarvoor mense in die provinsie keelvol is, is dit korrupsie in die polisie,” het hy tydens ʼn Nasionale Persklub-nuuskonferensie in Pretoria gesê. “Dit is goeie nuus dat 600 beamptes in hegtenis geneem is, want inwoners wil hand-aan-hand werk met mense wie hulle kan vertrou. Die polisie het nie gehuiwer om alle wenke te ondersoek, en diegene wat skuldig bevind is of nie vertrou kon word nie, is in hegtenis te neem,” het Petros gesê. Brigadier Neville Malila het ook tydens die geleentheid gesê die meerderheid misdaad waaraan dié lede skuldig bevind is, is bedrog en korrupsie.

Sien volle storie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.