Meer as 600 van SA in oorsese tronke vir dwelms

Meer as 600 Suid-Afrikaners word in buitelandse tronke aangehou weens beweerde dwelmsmokkelary, volgens die groep Locked-Up.

Locked-Up is ʼn groep wat hom beywer vir die oorplasing van Suid-Afrikaanse burgers in oorsese tronke na tronke op eie bodem. Volgens Locked-Up is 18 Suid-Afrikaners die afgelope maand in onder meer Indië, Doebai, Nieu-Seeland, Brasilië, Malawi, Argentinië, Mosambiek en Hong Kong in hegtenis geneem. ʼn Suid-Afrikaanse vrou, Janice Bronwyn Linden, is Maandag in China tereggestel nadat sy in November 2008 met drie kilogram tik in haar bagasie betrap is toe sy by die lughawe in Guangzhou geland het. Nobanda Nolubabalo (23) is Maandag op die Bangkok Internasionale lughawe in hegtenis geneem nadat daar 1,5 kilogram kokaïne in haar rastalokke gevind is. Die polisie het Nolubabalo glo ondersoek nadat hulle ʼn wit stof in haar hare opgemerk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.