Meer as 6500 polisiebeamptes wéér opgelei

ʼn Totaal van 6536 polisiebeamptes, wat vuurwapen bevoegdheidstoetse gedruip het, sal dringend weer opleiding ontvang.

The Times berig dat die waarnemende nasionale polisiehoof, lt. gen. Nhlanhla Mkhwanazi, ʼn jaar tyd gegee het vir die kwessie om opgelos te word. “Die wat onbevoeg is en wat nie op ʼn ander plek geplaas kan word nie sal ongelukkig afgedank word .” Dit kom na ʼn interne verslag uitgelek het waarvolgens 27 400 polisiebeamptes nie bevoeg is om vuurwapens te gebruik wat deur die staat uitgereik is nie. Mkhwanazi het ʼn beroep gedoen op die publiek om nie paniekerig te raak nie aangesien die probleem aangespreek word. Mhkwanazi het verlede week gesê dat 129 713 vaardigheidsopleiding ondergaan het en dat 27 400 onbevoeg verklaar is. Hy sê van dié 27 400 beamptes het 20 864 nie die opleiding voltooi nie. Die polisievakbond, SAPU, het verlede week ʼn interdik bekom wat senior polisiebestuur verbied om polisiebeamptes te ontwapen. Ondanks die interdik is 34 van die Pretoria blitspatrollie se 139 lede en 90 lede van die Valke wel glo ontwapen.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.