Meer as duisend kinders vermis in 2012

Minstens 85 kinders is die afgelope feesseisoen as vermis aangemeld.

Kol. Stephanus van Deventer, afdelingsbevelvoerder vir die SA Polisiediens se buro vir vermiste kinders, het aan die Saturday Star gesê daar was ʼn effense styging in die aantal kinders wat in Desember 2012 vermis geraak het teenoor dieselfde tyd die vorige jaar. Hy sê daar het egter minder kinders vermis geraak in 2012 as in 2011. Van Deventer sê meer as ʼn duisend kinders is in 2012 as vermis aangemeld. Hy sê 60% van die vermiste kinders was meisies. Daar is ook verlede jaar 12 kinders ontvoer. Van Deventer sê baie van die ontvoerings was deur familielede soos deur ʼn ouer wat nie toesig van die kind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.