Meer had lisensies sê polisie

Die polisie in Gauteng het Donderdag berigte dat bykans 40% van die provinsie se polisiebeamptes nie bestuurderslisensies het nie ontken en gesê dit is slegs sowat 8%.

Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, sê van die 32 977 operasionele beamptes het 30 163 (91,4%) bestuurderslisensies. The Star het Vrydag berig dat Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, aan die provinsie se wetgewer gesê het dat 11 611 oftewel 38% van polisiebeamptes in die provinsie nie bestuurderslisensies het nie. Malila sê die teenstrydigheid in die getalle is moontlik as gevolg van tydelike, verstrykte en hernieude lisensies wat nie as geldige bestuurderslisensie geklassifiseer is nie. Malila sê die saak is Donderdag tydens ʼn vergadering tussen Mazibuko en die polisie opgeklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.