Meer inligting: 44 kinders deur swerm bye aangeval

Die hasiepark in Benoni

Sowat 44 kinders is beseer toe hulle Vrydagmiddag deur ʼn swerm bye aangeval is by die Hasiepark in Benoni.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die slagoffers was almal van ʼn pre-primêre skool wat op pad huis toe was na ʼn uitstappie by die park. “Dit is nie seker wat die bye aangehits het om die kinders aan te val nie. Die kinders het vir ʼn bus gewag toe die swerm bye hulle uit die bloute aangeval het,” het Botha gesê. Volgens Botha is vier kinders kritiek beseer en moes hulle met ʼn helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem word. “Die ander kinders is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.”

Die skool se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.