Meer jongmense wil emigreer

Die aantal wit en Indiër-jongmense wat Suid-Afrika wil verlaat het glo toegeneem, volgens ʼn verslag wat Pondering Panda Woensdag bekendgestel het.

Shirley Wakefield, woordvoerder vir Pondering Panda, het gesê 2 606 respondente tussen 18 en 34 jaar oud het aan die opname deelgeneem. Hulle is gevra of hulle in die land wil bly en of hulle eerder in ʼn ander land wil bly. “56% van wittes en 53% Indiërs het aangedui dat hulle wil emigreer. Slegs 33% swart mense en 43% bruin mense het dié wens uitgespreek,” het Wakefield in ʼn verklaring gesê.

Die totaal jongmense wat die land wil verlaat het van 25% drie maande gelede gestyg na 36% in November. “Dié bevindings is kommerwekkend. In slegs drie maande het die aantal jong Suid-Afrikaners wat wil emigreer met sowat 50% toegeneem,” het Wakefield gesê.

Volgens die opname was diegene wat die land wou verlaat hoofsaaklik jong mense wie se vaardighede uiters noodsaaklik vir die land is. “Die land wat die aantreklikste vir jong mense lyk is die Verenigde State van Amerika, en Australië die aanloklikste vir wit mense,” het Wakefield bygevoeg.

Die opname is deur middel van selfone tussen 9 en 11 November gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.