‘Meer kinders word deur hul ma’s vermoor’

downloadDie polisie sê daar is ʼn tendens waar meer kinders deur hul ma’s vermoor word, berig die Sunday Times.

Brig. Bafana Linda, hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het aan die koerant gesê: “Dit is uiters kommerwekkend. Hoe kan die polisie keer dat ʼn kind vermoor word in die plek waar hy veronderstel is om die veiligste te wees?” Volgens ʼn verslag van die Wêreldgesondheidsorganisasie wat in Mei vanjaar vrygestel is, is daar in 2009 1 018 kindermoorde in Suid-Afrika gepleeg. Meer as ʼn derde, of 35,5%, van die moorde is deur ʼn kennis van die kind gepleeg en nagenoeg 30% deur die kinders se ma’s. Nagenoeg die helfte, of 45,9% van die moorde is in die openbaar gepleeg en 34% in die slagoffers se huise. Meisies is ook meer geneig om vermoor te word as seuns. Nagenoeg 43% van die kinders wat vermoor is, was in die sorg van hul ma’s terwyl 29,8% in die sorg van albei ouers was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.