Meer leë huise in Europa as dakloses

'n Woonstelkompleks in Spanje wat 30 000 mense kan huisves - maar nog leeg staan.

‘n Woonstelkompleks in Spanje wat 30 000 mense kan huisves – maar nog leeg staan.

Meer as elf miljoen wonings in die Europese Unie staan leeg, terwyl sowat 4,1 miljoen mense in die Unie dakloos is, luidens navorsing wat die Britse koerant, The Guardian gedoen het.

Spanje het, met 3,4 miljoen wonings wat leeg staan, die meeste. In Frankryk en Italië staan elk meer as twee miljoen wonings leeg, terwyl Duitsland 1,8 miljoen leë wonings het. Griekeland, Ierland en Portugal het ook heelwat wonings wat leeg staan.

Spanje se verhaal is veral ‘n ongelukkige een. Voor die ekonomiese ineenstorting het nywerheidsontwikkeling flink verloop, en die bevolking het vinnig weens immigrasie vermeerder. Daar is wonings gebou dat dit klap om in die verwagte aanvraag te voldoen.

Na die wêreldwye finansiële krisis Spanje besonder hard gelooi het, het immigrasie afgeneem, die nywerhede trek noustrop, min jong mense kan huisvesting bekostig, en die vraag na vakansiehuise by die see het skerp afgeneem.

Ten spyte van die ekonomiese krisis in Spanje, probeer talle immigrante steeds hul weg na dié land, asook Italië vind. Voornemende immigrante na Spanje het die tweede keer in ‘n week die doringdraadheining om die Spaanse enklawe aan die Marokkaanse kus, Melilla bestorm. Die meeste van die voornemende immigrante kom uit Afrika suid van die Sahara. Melilla en die ander Spaanse enklawe aan die Marokkaanse kus, Ceuta, is gereeld die teiken van mense wat Spanje probeer bereik.

Bronne: The Guardian, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Griet ·

As die immigrante uit Afrika Spanje land kan binnekom, sal hulle hê….

byl ·

europa moet vir hul kry bekke was goort oor SA en nou weet hul nie wat om te doen nie goeie advertensie vir die klomp in afrika om net nog meer soontoe te trek da is dan baie huise
was in ierland so maand terug en hulle kan nie immegrante nie hanteer nie ierre klim nie in n taxi met n immegrant in nie wonder hoekom nie

Dan ·

Byl, stem 100% saam met jou. Hulle het die heeltyd soos klein kefbrakkies geblaf oor SA en apartheid, laat hulle nou al daardie leë wooneenhede oopstel en die Afrikane daar huisves op hulle onkoste. Op hierdie manier kan hulle maklik met die Afrikane integreer en dan toepas wat hulle al die jare vir ons wou voorskryf. Maar nou wonder ek as ek lees wat jy sê van die Iere wat nie eers saam met immigrante in ‘n taxi wil ry nie … weereens dubbele standaarde aan hulle kant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.