Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) het Maandag in ʼn verslag gesê daar is meer swart-, kleurling- en Indiërmense wat Afrikaans as huistaal praat as witmense.
Volgens die SAIRR se studie, wat gebaseer is op inligting uit die 2011-sensus, is slegs 40% mense wat Afrikaans praat wit.
“Dit beteken dat van die 6.9 miljoen mense wat Afrikaans by die huis praat, 2.7 miljoen wit is, terwyl die res van ander rassegroepe is,” het die verslag gesê.
Engels is die huistaal van nagenoeg 5 miljoen Suid-Afrikaners, waarvan 1.6 miljoen (34%) wit is.
Thuthukani Ndebele, ʼn SAIRR-navorser, sê Engels is die taal wat vierde meeste by huise gepraat word, maar is die taal waarin meer mense verkies om te studeer.
Zulu is die mees algemene taal in Suid Afrika.
– Sapa