Meer as R3,9 miljard se eise teen gesondheidsdepartement

stetoskoop-225x225Die Gautengse departement van gesondheid staar glo regseise van R3,9 miljard in die gesig, het die DA Sondag gesê.

Jack Bloom, DA-LP, sê die bedrag is vroeër die week tydens ʼn vergadering van die provinsie se komitee vir openbare rekeninge bekend gemaak. “Die totaal is op van R2,7 miljard tot en met 31 Maart vanjaar en R1,6 miljard in die 2011/12 finansiële jaar.” Bloom sê daar is onder andere 326 siviele eise ter bedrae van R265 miljoen en 159 nooddienste-eise ter bedrae van R9,7 miljoen. Die departement kon nie vir kommentaar bereik word nie. Bloom sê die bedrag wat geëis word, is kommerwekkend aangesien die departement die afgelope drie jaar al sy sake rakende mediese nalatigheid verloor het. “Die vloedgolf van eise onderstreep die dringendheid daarvan om die standaard van gesondheidsdienste te verbeter ten einde te verseker dat daar minder foute gemaak word. Gehaltebestuur moet veral in kraamsale opgeskerp word aangesien talle eise die gevolg is van babas wat by geboorte beseer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Daan ·

Hallo leon. Liewer vir wie hehe? Hou net die testosteroonvlakke in toom.

Seg ·

Daan kan ek jou net reghelp, indien jy dit nie weet nie, Trippie is inderdaad ‘n dame, en een in die ware sin van die woord.

Seg ·

Geniet dit maat, dit is lekker om met mense te gesels wat mekaar verstaan en nie agteraf is nie. Daar is ‘n tyd vir alles. ‘n Tyd om ernstig te wees en ook om die humor van die Afrikaner en hulle unieke taal en sin vir humor te geniet.

Daan ·

Dankie Seg dat jy die ou hande met die bekendstelling van die nuwe hande reghelp. Waardeer dit terneë.

Daan ·

Nogmaals dankie Seg en nog iets. Nou dat ons weet sal sy bekerm wees hier by ons en nie eers jy sal haar kan leed aandoen nie.

Eben ·

Trippie ek gaan ook nou ‘n stuiwer in die armbeurs gooi waar dit niks met my te doen het omdat ek nie aktief by Praag betrokke is, maar wat ontstellend is dat daar sulke tweestryd tussen medemense is.Iemand wat soos ‘n paal bo water staan en wel bekend nasionaal en internationaal met ‘n sterk karakter wat hom glad nie van stryk bring is ‘n persoon, Willy. Daar hoef nie eers navorsing te doen te wees om uit te vind wie hy is. Hy is baie bekend. Ek hoop hy, van sy kaliber sal homself nie meer verlaag om deel te neem aan al die kinderagtigheid op Praag!
Ek dink om hom persoonlik te ken kan net wonderlik wees. Ek verstaan dat hy ‘n gentle giant is.

Johan ·

Eden aangesien jy ‘n stuiwer in die armbeurs gooi kan ek dit seker ook maar doen.
Jy het mos nou gelees wat skryf Willy op Praag. Dit lyk nie of jy daarvan hou nie, anders sou jy mos nie die kritiek gelewer het nie. Se my nou waarom dink jy dit sal dan so wonderlik wees om hom te ken?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.