Meer as R813 miljard vir SAID

sars_logoDie Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het verlede jaar ʼn inkomste van R813.8 miljard ontvang.

Volgens die 2013 belastingstatistiek-publikasie, wat Maandag deur die SAID en die Nasionale Tesourie vrygestel is, is dit R71.2 miljard meer as die 2011/12 finansiële jaar.

ʼn Totaal van R276.7 miljard is deur persoonlike belasting, insluitend PAYE, ontvang. Dit beloop 31.4% van die inkomste wat ontvang is. ʼn Totaal van 15.4 miljoen individue is geregistreer en 5 881 019 moet opgawes indien.

Inkomstebelasting van maatskappye het tydens 2012/13 R160.9 miljard verseker (26.7% van die inkomste). Dit sluit 2.2 miljoen geregistreerde maatskappye in, waarvan 742 448 opgawes moet indien.

Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) het R215 miljard (24.7% van die inkomste) bygedra.

Invoerbelasting en ander aksynsbelasting het ʼn inkomste van R39 miljard verseker.

“Die aantal individue soos op 31 Maart wat vir inkomstebelasting geregistreer is, het van verlede jaar se 13.7 miljoen met 1.7 miljoen (12.5%) toegeneem na 15.4 miljoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.