Meer renosters al dood as verlede jaar

Foto: Reint Dykema

Die departement van omgewingsake het Dinsdag bekend gemaak dat 455 renosters reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is.

Albi Modise, woordvoerder van die departement, sê 272 hiervan is in die Krugerwildtuin gestroop terwyl Limpopo, KwaZulu-Natal en Noordwes steeds die ergste deurloop onder stropers. Verlede jaar is 448 renosters in totaal vir hul horings gestroop in vergelyking met die 333 van 2010. Modise sê 207 vermeende stropers is al vanjaar in hegtenis geneem.

Die publiek word aangemoedig om renosterstropery aan te meld deur 0800 205 005 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.