“Meer swart spelers in rugbyspanne benodig”

Argieffoto.

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het Woensdag bevestig hy gaan ʼn nuwe raskwotastelsel in plaaslike rugby bekend stel in ʼn poging om meer swart talent na vore te bring.

Van volgende jaar af gaan daar van al 14 Vodacombeker-spanne verwag word om ʼn minimum van sewe swart spelers in sy wedstrydspan van 22 spelers te hê. Twee van die sewe moet voorspelers wees. ʼn Minimum van vyf swart spelers moet op die veld draf as ʼn wedstryd afskop.

Dié inisiatief is Maandag deur Saru se uitvoerende raad gemaak, nog voordat die provinsiale unies ʼn geleentheid gehad het om Dinsdag die nuwe reëlveranderings te bespreek. “Die besluit is gemaak om Saru se toewyding tot transformasie te bewys,” het Oregan Hoskins, die president van Saru, gesê. “Die Vodacombeker is ʼn kritieke stap in die ontwikkeling van professionele rugby, maar dit het wegbeweeg van sy primêre doel om geleenthede vir jong opkomende spelers, veral swart spelers, te skep.”

Volgens Saru is die hoeveelheid spelers bepaal kragtens die algehele transformasie-strategie.

“Al 14 provinsies het erken dat meer spelers van kleur benodig word, en dat ons dit verlede jaar tydens ons transformasie-bosberaad as ʼn strategiese doelwit moes hanteer het. Die uitkoms van die plan sal wees om die poel van swart talent te vergroot waaruit Curriebeker- en Vodacom Superrugby-afrigters uit kan kies, en uiteindelik meer opsies vir die Springbok-afrigter beskikbaar stel,” het Hoskins bygevoeg.

Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, het egter bygevoeg dat geen sanksies teen ‘n provinsie, wat nie die vereiste getal swart spelers kies nie, gespesifiseer is nie. Hy het gesê die kwessie, saam met ander operasionele aangeleenthede rondom die nuwe beleid, sal later vanjaar deur Saru se spele- en beleidskomitee aangespreek word.

SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Stoere Boer ·

Hier gaan ons alweer. Wanneer gaan iemand besef jy breek die spel meer af as wat jy dit opbou met die soort van optredes. Maar nouja vir hulle gaan dit om getalle. Hulle voel niks vir die spel.

Gideon van Rensburg ·

Ek neem aan daar gaan dan van sokkerspanne verwag word om 5 blanke spelers in hulle spanne te hê

a.lombard ·

Sekerlik moet dit duidelik gestel word dat ook die regstellende aksie van 5 spelers toepaslik is op Sokker of andersinds word fondse uit die sportunie ook gestop vir sokker(Weet nie hoe fondse werk nie) maar alles word nou weg geneem van ons , dit is meer rassisties as ooit te vore.

Griet ·

Deksels, hou op met hierdie twak en laat die ouens net RUGBY speel!!!! Al wat hy regkry is om die gekleurde ouens wat werklik goed is, te laat twyfel oor of hulle regtig daar hoort. Niemand gaan kyk OOIT na ‘n rugby wedstryd as die kwota samestelling bereik is nie, hulle gaan kyk omdat die span WEN, en hulle (die span) kan net wen as hulle die beste SPAN is wat uit die beste SPELERS saamgestel is…..hierdie aap beledig die Suid Afrikaanse publiek!!!

Johan Viljoen ·

Dit is maar soos dit vandag gaan, hulle kry alles op n skinkbord hoef nie daarvoor te werk nie, solank die witvel net uitgestoot word, jammer hulle gaan nie van hulle wit tande ontslae raaknie.

Arrie ·

Is daar werklik nog spanne wat bloot saamgestel word deur die kleur van die spelers se vel in ag te neem?

german ·

Viva rastellende sokker ook! Sien uit na die dag wat Bafana-Bafana dalk moontlik ‘n wedstryd wen! (vir ‘n verandering)

Chris Visser ·

Is daar enige syfers bekend van Hoeveel geregistreerde rugbyspelers in ons land die sogenaamde spelers van kleur is en hoeveel leliewittes is? Sjoe. ons leiers is darem beheb met die kleur-ding. gaan dit dan nooit einde kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.