Meer tieners word vermis

Missing Children SA sê 58% van alle sake wat hulle ontvang hou verband met tieners wat vermis word.

Die organisasie het sedert Januarie reeds meer as 500 sake ontvang, berig EWN. November 2012 was glo die besigste maand met meer as 70 sake wat landswyd aangemeld is. Die meeste sake word in Gauteng aangemeld (260) met die Wes-Kaap tweede (150). “Sommige provinsies is nie bewus van Missing Children SA nie,” het Nicky Rheede, woordvoerder van die organisasie, gesê. “Ons is tans besig met ‘n bewusmakingsveldtog.”

Die organisasie verwag glo ook ‘n besige Desember wanneer talle skoolkinders met vakansie is en sonder toesig gelaat word.

Bron: EWN
Klik hier om meer te lees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.