Mees gesoekte misdadiger ontsnap uit hof

Een van Suid-Afrika se mees gesoekte misdadigers, Bongani Moyo, het Woensdagoggend uit die Pretoria landroshof ontsnap berig EWN.

Moyo word met sowat 35 bankrowe verbind. Volgens EWN moes Moyo glo Woensdaoggend in die hof verskyn maar het hy bloot uit die gebou gestap en ontsnap. Moyo in Mei vanjaar by Beitbrug grenspos in hegtenis geneem nadat hy in Maart vanjaar uit polisieaanhouding ontsnap het. Hy het glo na Zimbabwe gevlug maar het na bewering probeer terugkeer vir mediese behandeling. Moyo is 2009 in hegtenis geneem nadat hy in 2008 ook uit die tronk ontsnap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.