Mees gesoekte misdadiger weer vas, vandag in hof

Een van die land se mees gesoekte misdadigers, Bongani Moyo, sal Maandag in die Pretoria landdroshof verskyn nadat hy die naweek weer in hegtenis geneem is.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Neville Malila, sê Moyo is Sondagaand in Hillbrow in Johannesburg vasgetrek toe hy saam met twee Zimbabwiese burgers in ʼn motor gevind is. Moyo word met minstens 35 bankrowe verbind. Moyo het vroeër vandeesmaand tydens ʼn hofverskyning ontsnap. Die polisie het twee ondersoekbeamptes geskors na Moyo ontsnap het. Dit is egter nie duidelik wat die beamptes se rol was in sy ontsnapping nie. Moyo is in Mei vanjaar by Beitbrug grenspos in hegtenis geneem nadat hy in Maart vanjaar uit polisieaanhouding ontsnap het. Hy het glo na Zimbabwe gevlug maar het na bewering probeer terugkeer vir mediese behandeling. Moyo is 2009 in hegtenis geneem nadat hy in 2008 ook uit die tronk ontsnap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.