Meeste Gautrain-passasiers is vroue en ander statistiek

Meeste Gautrain-passasiers is vroue, het die Bombela Concession Maatskappy Dinsdag gesê.

“Vroue is ʼn sleutelkomponent in ons maatskappy,” het woordvoerder Kelebogile Machakathe in ʼn verklaring gesê. “Ons bly waaksaam met verwysing na die veiligheid en sekuriteit van ons passasiers. Indien hulle ooit gespanne of bedreig op die Gautrain voel, kan hulle ons sekuriteit by 0800 811 811 kontak.” ʼn Studie deur Catalyst Research het bevind dat ongeveer 35% van die Gautrain-verbruikers swart is, 12% Asiër, 45% wit en 8% uit die bruin gemeenskap. “Die grootste groep passasiers (35%) val binne die 35-49 jaar ouderdomsgroep en ongeveer 20% is jonger as 24.” Machakathe sê minder as drie voorvalle van diefstal per 1 miljoen passasiers is sedert die aanvang van die stelsel, tussen Hatfield en Rosebank in Augustus 2011, aangemeld. “Meer as 400 veiligheidswagte en 800 kringtelevisie-kameras hou ʼn wakende oog oor die sisteem.” Geen kontak-misdaad, byvoorbeeld sakkerollers, is op die Gautrain aangemeld nie, het sy gesê.

Passasiers het die Gautrain-diens hoë punte gegee: stiptelikheid van die treine (94%), gemak (94%), waarde vir geld (93%), veiligheid en sekuriteit (92%) en sindelikheid (92%). Sedert die aanvang van die Hatfield tot Rosebank-been het die Gautrain reeds 5.8 miljoen treinpassasiers en 1.3 miljoen buspassasiers vervoer. “Die treindienste was deurlopend meer as 98% stiptelik. Byna ʼn derde van Gautrain-klante is gereelde gebruikers wat weeklikse of maandelikse toegangskaarte aanskaf,” het Machakathe gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.