[Meeste gelees] Die top 10 nuusstories in 2015

Klara Göttert. Foto: Facebook

Klara Göttert. Foto: Facebook

Hierdie nuusstories is in 2015 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Soektog na tienermeisie eindig tragies

Die soektog na ʼn 14-jarige meisie van Johannesburg het tragies geëindig toe haar liggaam by die Northgate-winkelsentrum naby Fourways gevind is.

  1. [Skokvideo] Jong mans loop onder polisie deur

ʼn Jong man moes magteloos toekyk hoe sy vriend en vennoot deur twee polisiebeamptes aangerand, gewurg en onsedelik deursoek is, kort nadat die beamptes hom met die dood gedreig het as hy sou inmeng.

  1. [Video] Tienermeisie durf ‘plaasaanvallers’ met haelgeweer aan

Beeldmateriaal van veiligheidskameras wys hoe ʼn gesin van Limpopo Sondagaand amper die slagoffers van ʼn plaasaanval was.

  1. Video: PE-vrou brand los op rowers

ʼn 39-jarige vrou van Port Elizabeth in die Oos-Kaap het met haar vuurwapen op rowers losgebrand nadat sy hulle in die vroeë oggendure in die gang van haar huis betrap het.

  1. Man vas vir Vanderbijlpark-skietery

Die man wat beweer het hy was in sy motorhuis terwyl twee verdagtes sy gesin in sy huis in Vanderbijlpark in Gauteng doodgeskiet het, is in hegtenis geneem op aanklag van moord.

  1. Karlien en Derick gaan skei

Karlien van Jaarsveld het aangekondig dat sy en haar man, Derick Hougaard, gaan skei.

  1. Vermiste Middelburg-meisie gevind

Neline van Zyl, die laerskoolmeisie van Middelburg in Mpumalanga wat vermis was, is gevind.

  1. Jay in hospitaal opgeneem

Die bekende Afrikaanse sanger, Jay, is in ʼn Bloemfonteinse hospitaal opgeneem.

  1. Dapper ma beskerm baba tydens plaasaanval

ʼn Jong ma van Rustenburg het bo-oor haar 15 maande oue babatjie gaan lê in ʼn desperate poging om haar te beskerm teen die aanvallers wat die gesin op ʼn plaas buite die dorp oorval het.

  1. Sussies sterf in gru-ongeluk: ‘Julle was my maats, dogters en kamerade’

“Vandag het ek hierdie twee dogters van my aan die dood afgestaan.”

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.