[Meeste gelees] Die top 10 video’s van 2015

'n Video wys hoe die Limpoporivier afkom. Foto: Skermskoot uit die video

‘n Video wys hoe die Limpoporivier afkom. Foto: Skermskoot uit die video

Talle video’s het Maroela Media-lesers vanjaar in totale skok of verwondering gelaat. Sommige van dié video’s is wyd op sosiale media versprei. Hiermee die gewildste video’s wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.

  1. [Video] Tienermeisie durf ‘plaasaanvallers’ met haelgeweer aan

Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe die 17-jarige Su-Márie Lombard enkele meter van die gewapende mans verbystap sonder dat sy dit weet. Oomblikke later is een van die vermeende aanvallers met ʼn vuurwapen in sy hand agter haar aan.

  1. Video: PE-vrou brand los op rowers

ʼn 39-jarige vrou van Port Elizabeth in die Oos-Kaap het met haar pistool op rowers losgebrand nadat sy hulle in die vroeë oggendure in die gang van haar huis betrap het.

  1. [Video] Van kurkdroog tot massa water

ʼn Video op Facebook wat wys hoe die Limpoporivier afkom, is baie gewild op sosiale media.

  1. [Video] Seldsame supermaan-maansverduistering

Suid-Afrikaners kan hulleself gereed maak vir ʼn seldsame verskynsel: ʼn supermaan-maansverduistering.

  1. [Video] Boerboel fnuik ‘dief’ se planne

ʼn Video van ʼn hond wat ʼn vermeende inbreker buite ʼn huis bestorm en erg verskeur, word wyd op sosiale media versprei.

  1. Video: Jy sal nie glo hoe die vrou ʼn TV steel nie

Kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn vrou wat ʼn platskerm-televisiestel steel, maak opslae op sosiale media.

  1. [Video] Polisie ‘laks’ terwyl familie op moordplaas aangehou word

Familielede van ʼn gesin wat op ʼn Mpumalanga-plaas aangeval is en waar ʼn man vroeër vanjaar ná ʼn plaasaanval gesterf het, moes skynbaar kort ná die voorval verbete probeer om die Sabie-polisie te oortuig om op die noodgeval te reageer.

8. Video: Net in Suid-Afrika!

Beurtkrag en ʼn bakkuzzi en karwagte… daar is talle dinge wat Suid-Afrika uniek maak.

  1. [Video] Zuma se aardrykskunde-flater

ʼn Video van president Jacob Zuma wat beweer dat Afrika die grootste kontinent is, word wyd op sosiale media versprei.

  1. Video: Pitch Perfect-aktrise praat ook Afrikaans

Rebel Wilson, een van die aktrises in die fliek, Pitch Perfect, het in ʼn onderhoud gespog met haar Afrikaanse woordeskat.

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rosalind ·

Daai kind het nie selfmoord gepleeg nie. Die Göttert meisie wat by die mall na haar dood gespring het. Sy het geval. Sy het ‘n parkour oefening uitgevoer en misgetrap, haar balans verloor en geval. So agteroor flip. Dit was ‘n ongeluk het sy in ‘n droom vir my kom sê.

Yolande - Klara se tannie ·

Daar is nie spekulasie oor hoe Klara oorlede is nie. Dit was tragies. Maar sy het nie geval nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.