[Meeste gelees] Top 10 fotogalerye van 2015

Foto's verskaf deur Jessica Moreira

Foto’s verskaf deur Jessica Moreira

Niks vertel ʼn storie beter as ʼn prentjie nie. Hier volg die gewildste fotogalerye wat in 2015 op Maroela Media verskyn het. Kyk hier na foto’s van die brande op die oewer van die Vaalrivier; ʼn WhatsApp-groep wat boere gehelp het om boewe vas te trek; en die groot skade wat die eerste reën in November vanjaar veroorsaak het.

  1. [Foto’s] Talle huise aan Vaalrivier in puin gelê

Talle luukse huise op die oewer van die Vaalrivier aan die Vrystaatse kant is in puin gelê toe ’n brand ontstaan het.

  1. [Foto’s] WhatsApp-groep help boere om groep boewe aan te keer

Etlike boere in die Schweizer-Reneke-gebied in Noordwes het saamgestaan en die lewe vir ses verdagtes bitter moeilik gemaak en dit alles te danke aan ʼn WhatsApp-groep wat ʼn 20-jarige boer twee jaar gelede begin het.

  1. Foto’s: Boere staan saam en trek nege ‘rowers’ vas

Nagenoeg 100 boere het met behulp van ʼn stroper en twee hoogloop-spuite nege gewapende verdagtes vasgetrek.

  1. Foto’s: Trane vloei toe boer stapper teen plaasmoorde ontmoet

’n Emosionele en hartverskeurende toneel het op die plaas Vaalbank, buite Bronkhorstspruit, afgespeel waar Duncan Nyawo, die stapper teen plaasmoorde, sy naamgenoot, dr. Duncan Prinsloo, ontmoet het wat in 2008 die slagoffer van ’n wrede plaasaanval was.

  1. Foto’s: ‘Ek wens my juffrou het geweet…”

ʼn Onderwyseres was nie voorbereid op die hartverskeurende briefies wat sy sou ontvang as kinders die sin “Ek wens my juffrou het geweet…” voltooi nie.

  1. Foto’s: R59 gesluit ná gru-ongeluk buite Vereeniging

Vyf mense is beseer, waarvan drie kritiek, in ʼn ongeluk tussen ses motors en ʼn swaarvoertuig op die R59 buite Vereeniging in Gauteng.

  1. [Foto’s] Eerste groot reën bring ook skade

Die broodnodige reën wat in Gauteng en ander provinsies geval het, het ook erge hael- en waterskade in sekere gebiede tot gevolg gehad.

  1. [Foto’s] Dramatiese skietgeveg in Lyttelton

ʼn Skietgeveg tussen vermeende kapers en die polisie is glo die rede vir die dramatiese toneel wat hom in Lyttelton, Centurion afgespeel het.

  1. [Foto’s] Rowers kies verkeerde huis om by in te breek

Drie vermeende rowers het hul moses teëgekom toe hulle by die huis van ʼn egpaar van Johannesburg, wat albei polisiespeurders is, wou inbreek.

  1. Foto’s: Hoender op grond afgespoel; KFC reageer

Die kitskoskettinggroep KFC het reageer nadat foto’s op sosiale media versprei is wat wys hoe rou hoender op die vloer met water afgespuit word.

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.