“Meeste huisbrake met hulp van binne uitgevoer”

Argieffoto.

Volgens die versekeringsmaatskappy, Virseker, is dit ‘n alombekende feit dat ‘n groot aantal huisbrake met hulp van binne uitgevoer word.

Elmarie Twilley, ʼn woordvoerder van Virseker, het Dinsdag gesê dat meeste huisbrake met behulp van inligting van huishulpe, tuiniers en voormalige werknemers uitgevoer word. In baie gevalle lei kriminele hierdie werknemers om die bos om inligting rakende die huis en inwoners bekend te maak. “Hulle gesels, so in die verbygaan, met huishulpe terwyl hulle op pad is werk toe en weet net watter vrae om te vra om meer inligting oor hulle teikens te bekom, van daaglikse roetines en watter sekuriteitsmaatreëls in plek is, tot watter waardevolle items binne die huis is,” het Twilley gesê

Twilley het gesê dat die werknemers in sommige gevalle vrywillig hierdie inligting deel wanneer daar aan hulle ‘n finansiële aansporing gebied word. In ander gevalle is dit ‘n ontevrede voormalige werknemer wat dié inligting “gratis en verniet” deurgee.

“Onthou dat die mense wat jy aanstel om in jou huis en tuin te werk, volle toegang en kennis daarvan sal hê. Maak dus ‘n punt daarvan om te verseker dat jy iemand aanstel wat jy kan vertrou. Die veiligste manier om goeie en betroubare huishulpe en tuinwerkers op te spoor is deur middel van verwysings van vriende, bure en familie.”

“Wanneer jy iemand opspoor, maak seker dat jy afskrifte van hulle identiteitsdokumente maak, ‘n nota maak van hulle woonadres- en familiebesonderhede en hulle kontakbesonderhede op rekord hou. ʼn Mens kan hulle identiteitsnommer nagaan by www.dha.gov.za/enquiry/id/status/id_status.asp.”

Sy het ook gesê dit is ook baie belangrik om minstens een betroubare verwysing vir die persoon te hê. “Indien enigiets nie pluis is nie, soos dat hulle ID-nommer nie bestaan nie of dat hulle nie die besonderhede kan verskaf van minstens een persoon aan wie hulle vantevore dienste gelewer het nie, moet hulle liefs nie aangestel word nie,” raai sy aan.

“Dit is nodeloos om te sê dat jy nooit enigiemand ‘van die straat af’ in diens behoort te neem nie. Ongelukkig is baie mense steeds naïef genoeg om iemand op die straathoek op te laai om stukwerk by hulle huise te kom doen. Dit kan uiters gevaarlik wees”, het Twilley gesê.

Virseker gee ook verdere advies:

  • Hou alle waardevolle items soos duur juwele, buite sig en opgesluit.
  • Moenie ‘n blinde oog draai na insidente soos geld of ander items wat verdwyn nie.
  • Waarsku werknemers teen kriminele wat mag probeer om hulle om die bos te lei om inligting oor jou en jou huis uit te gee. Sê vir hulle dat hulle met niemand moet gesels oor wat binne jou huis aangaan nie.
  • Moenie werknemers volle toegang tot jou huis, soos afstandbeheer-toestelle vir die hek of sleutels vir die voordeur, gee nie.
  • Verbied werknemers om die hek of deur vir enigiemand oop te maak tensy jy vir hulle vra om dit te doen. Kriminele is welbekend daarvoor dat hulle hulself voordoen as diensverskaffers om huishulpe te flous om hulle in te laat.
  • Moedig jou werknemers aan om jou “oë en ore” te wees wanneer jy nie tuis is nie en om enigiets wat nie pluis is nie aan jou te vermeld.
  • Maak seker dat jou huishulp weet waar die paniekknoppies in jou huis is, sowel as alle noodnommers, soos byvoorbeeld dié van die polisie en jou gewapende sekuriteitsvoorsiener.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ebert ·

Dalk is dit beter om nie ‘n huishulp, tuinhulp of ander werkers in en om die huis aan te hou nie.

Ontwikkelde Westerse volke hou hulle eie huise self skoon.

Stoere Boer ·

Ook ‘n “goeie en betroubare” werker in diens gehad to die eerste klagte deurkom. Toe verander die gedrag, raak dreigend en weier sekere pligte. Sodra hulle nie kan steel of soos baie sê “nie meer kan leen om nie terug te gee” of jy praat met hulle oor hulle halwe werk kom die bos te voorskyn en dan is die moeilikheid in die blom.

Willy ·

Moet ook nie aan sekere sekuriteitsfirmas waaraan jy mag behoort die tyd sê wanneer jy vertrek op vakansie en wanneer jy terug sal wees.

Flash ·

Elbert, jy is 100% reg. Ons was gewoond daaraan om in die Transvaal ‘n huisbediende asook tuinier te hê. Na ons Kaap toe verhuis het het daar nog nooit weer een vir ons gewerk nie en ons kom heel gemaklik reg. Ons het amper twee jaar in Duitsland gewoon en daar is nie so iets soos bediendes nie. Dit was geen probleem nie.
Ek sal enige iemand aanbeveel om maar daardie roete te gaan, hoe moeilik dit ookal mag wees. Verdeel take onder jou huismense, kry maar ‘n skottelgoed wasser en ‘n strykmasjien.
Dit is by verre die veiligste.

Van ·

Dalk het dit tyd geword dat ons eerder blanke mense wat sukkel om werk te kry aanstel om in ons huise en tuine te werk. As werkende mense het ons nie altyd tyd om by ons huis en tuinwerk uit te kom nie en ter selfde tyd help ons dan werkloosheid onder die blanke bevolking. Ek is seker daar is goeie blanke vroue wat maar te graag vir R3500 pm my huis sal kom skoonmaak eerder as om in ‘n wit plakkerskamp te vergaan van ellende?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.