Meeste jongmense kies Pretoria bo Tshwane

Omtrent drie uit vyf jong Suid-Afrikaners is van mening dat Pretoria se naam nie na Tshwane moet verander nie.

Pondering Panda, ’n verbruikersnavorsingsmaatskappy, het onlangs ʼn meningspeiling oor die kwessie gedoen. “Die peiling wys hoe omstrede naamsveranderinge is,” het Butch Rice, ʼn woodvoerder van die maatskappy, gesê.

Altesaam 58% jong mense het gestem dat Pretoria se naam dieselfde bly terwyl 33% gevoel het dit moet verander. Die res van die 3 451 deelnemers het gesê hulle is besluitloos. Die deelnemers was tussen die ouderdom van 18 en 34 en van verskeie rasgroepe.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.