Omtrent drie uit vyf jong Suid-Afrikaners is van mening dat Pretoria se naam nie na Tshwane moet verander nie.
Pondering Panda, ’n verbruikersnavorsingsmaatskappy, het onlangs ʼn meningspeiling oor die kwessie gedoen. “Die peiling wys hoe omstrede naamsveranderinge is,” het Butch Rice, ʼn woodvoerder van die maatskappy, gesê.
Altesaam 58% jong mense het gestem dat Pretoria se naam dieselfde bly terwyl 33% gevoel het dit moet verander. Die res van die 3 451 deelnemers het gesê hulle is besluitloos. Die deelnemers was tussen die ouderdom van 18 en 34 en van verskeie rasgroepe.
– Sapa