Meeste kinders ondersteun lyfstraf

Argieffoto

Die meerderheid van jong Suid-Afrikaners glo dit is aanvaarbaar vir ouers om soms vir hul kinders lyfstraf toe te dien, luidens ‘n verslag wat Maandag vrygestel is.

Die opname, wat deur Pondering Panda gedoen is, het bevind dat 11% van respondente glo dit is aanvaarbaar vir ouers om hul kinders te enige tyd pakslae te gee; 63% glo dit is soms die regte ding om te doen en 25% glo dit is nooit aanvaarbaar nie.

Die respondente moes reageer op ‘n voorstel van die departement van maatskaplike ontwikkeling om dit ‘n kriminele oortreding te maak wanneer ouers lyfstraf by die huis toedien.

Jonger respondente was glo minder geneig om saam te stem dat lyfstraf soms of altyd geregverdig kan word. “Ten minste 65% van diegene tussen 13 en 14 het só gevoel, in vergelyking met 79% van diegene wat tussen 25 en 34 jaar oud is,” het Shirley Wakefield, woordvoerder vir Pondering Panda, gesê.

In terme van rasgroepe het 85% van wit kinders aangedui dat lyfstraf aanvaarbaar is; 75% van swart kinders en 55% van bruin kinders.

Die opname het ook bevind dat jong mense teen die kriminalisering van lyfstraf is. “Wat die opname toon is dat jong mense nie heeltemal teen ingryping deur die regering in familiesake is nie, maar dat hulle regeringsingryping voorwaardelik steun in sekere sake,” het Wakefield gesê.

Ten minste 3 078 respondente tussen 13 en 34 het in Augustus aan die opname deelgeneem. Die opname is deur middel van selfone regoor Suid-Afrika gedoen, maar verafgeleë gebied was nie ingesluit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Uit die mond van die “suigeling” sal jy die waarheid hoor / Uit die perd se bek !

Pak slae op die regte tyd en regte plek, dit het vir my en duisende ander oor jare gewerk !

Willy

Hoe het die oumense gesê. ‘n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt.

Boere-meisie ♡

Lol … bruinmense (kleurlinge) voeter “one time shoe shine” met die vuis, dan is die kind weer “A for away” … hehe – -dis dat net 55% van hulle se dis aanvaarbaar! Ma se kjenners ! Lol !

Erika

‘n Pak slae op die regte tyd en plek is baie beslis aanvaarbaar. @ Willy ek stem ‘n pak op sy tyd is soos botter en konfyt. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n kind ‘n pak slae gee wat hy of sy verdien, en ‘n kind ABUSE. Lyfstaf hoef nie te paart te gaan met al jou opgekropte emosies nie!!! My pa het altyd vir my gesê ek stof net my kinders af, want ek kan nou eenvoudig net nie ‘n kind met ‘n plat hand HARD slaan nie. Ek is ook daarteen dat jy ‘n kind teen die… Lees meer »

amy

‘n Pakslae wat regverdig en op die regte tyd en plek gegee word, het niemand nog ooit skade gedoen nie.