“Meeste werknemers” terug by Medupi

Een van die werknemers het dié foto aan die vakbond Solidariteit gestuur

Eskom het gesê meeste van sy personeellede het Donderdag by die Medupi-aanleg vir werk opgedaag.

“Ondanks die feit dat dit ʼn betaalnaweek is, waar Eskom ʼn ooreenkoms met werkers het om verlof te neem en persoonlike sake af te handel, het meeste van die personeel vir werk opgedaag ná gister [Woensdag] se betogings,” het Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, gesê.

ʼn Groep van tussen 500 en 1 000 werknemers het Woensdag by die kragaanleg, wat nog gebou word, betoog. Eskom sê die betoging het gewelddadig geword toe van die werkers klippe begin gooi en twee voertuie beskadig het. Niemand is tydens die betogings beseer nie. Klik hier om meer te lees.

Die protes hou verband met ontevredenheid met een van die toelaes wat werknemers ontvang. Daar is tans onderhandelinge oor dié kwessie.

Joffe sê lede van die parlement se portefeuljekomitee vir energiesake is steeds besig met sy ondersoek oor die aanleg ná Woensdag se ontwrigting.

Die Medupi-kragaanleg word naby Lephalale in Limpopo gebou.

Eskom het twee weke gelede in ʼn verklaring gesê die aanleg sal eers in die tweede helfte van 2014 krag kan voorsien aan die nasionale netwerk weens konstruksieprobleme. Die vorige sperdatum was Desember 2013. Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het vroeër vanjaar gesê die Desember-sperdatum sal nie verander nie.

Lees ook:
Protesaksie by Medupi
Numsa versoek Medupi-ondersoek
Medupi-vertraging dalk weens sabotasie
Medupi nie gereed teen Desember 2013
Werker by Medupi vas oor plofstof
Medupi-werkers staak weer
Betogers staak by kragstasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.