Meesterbrein agter Lotter-moorde “verhuis”

Mathew Naidoo

Mathew Naidoo, die man wat die meesterbrein agter die moord op sy eks-meisie se ouers was, is na ʼn hoësekuriteit-gevangenis verskuif.

Gevangenisbeamptes sê hy is van Westville-gevangenis naby Durban na Kokstad se Ebongweni Korrektiewe sentrum geskuif vir die rehabilitasieprogramme wat daar aangebied word, het die Daily News-dagblad Donderdag berig. Dié gevangenis is die tuiste van die land se mees gewelddadige gevangenes.

Nicolette en Hardus Lotter het in 2008 hul ouers op Naidoo se opdrag vermoor. Tydens die veelbesproke verhoor het Naidoo beweer hy is die “Derde seun van God”. Naidoo het ontken dat hy aan die moord deelgeneem het terwyl die Lotter-kinders beweer het dat hulle gedwing was om die moorde uit te voer. Luidens die dagblad word die Lotter-kinders nie uit Westville-gevangenis geskuif nie.

Volgens beamptes word Naidoo glo geskuif, aangesien hy na bewering met die media gepraat het. Dié bewering word egter ten sterkste ontken deur gevangenisowerhede.

Naidoo dien twee lewenslange vonnisse uit. Nicolette is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis en haar broer Hardus, 10 jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.