ʼn 12-jarige meisie het Woensdag in ʼn dam in George verdrink, het die Wes-Kaapse paramedici gesê.
Drie dogters, tussen 10 en 12 jaar oud, het gaan swem om af te koel, het André Visser, woordvoerder vir ER24, gesê. “Twee van die meisies het aan die hulpreddingswerkers gesê dat dit gevoel het asof hulle in die modderige bodem vassit.” Hulle kon uit die dam kom, maar het nie meer hulle vriendin gesien nie en toe hulle ouers gaan inlig. Polisie-duikers het die vermiste meisie se liggaam uit die dam gehaal. Sy is op die toneel dood verklaar.