ʼn Negejarige Mexikaanse meisie het geboorte gegee aan ʼn babadogtertjie.
Die meisie se ma het aan beamptes gesê dat haar dogter agt jaar oud was toe sy swanger geraak het. Die pa is ʼn seun van 17 maar is tans soek nadat hy glo weggehardloop het. “Ons is op soek na die jong man om sy kant van die storie te hoor aangesien die meisie nie verstaan wat gebeur het nie. Dit is verkragting of seksuele mishandeling van ʼn kind,” het Jorge Villasenor, woordvoerder van die staatsaanklaer, gesê. Die babadogtertjie is op 27 Januarie in die Zoquipan-hospitaal gebore en het 2,7kg geweeg by geboorte.
Dis OUD as jy hierna kyk:
http://en.m.wikipedia.org/wiki/List_of_youngest_birth_mothers