ʼn Tienermeisie het ʼn man se tong afgebyt terwyl hy haar glo verkrag het naby Hazyview in Mpumalanga.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Leonard Hlathi, sê die 17-jarige meisie is Saterdag deur ʼn gewapende man en sy medepligtige aangehou voor sy die bosse ingesleep en verkrag is. Die man met die geweer het aan sy medepligtige gesê om alkohol en ʼn paar vriende te gaan haal om haar ook te verkrag. Hy het haar klere uitgetrek en haar begin verkrag. “Tydens die verkragting het hy haar probeer soen. Die meisie het sy tong afgebyt en na nabygeleë huise gehardloop vir hulp.” Die polisie is in kennis gestel en die man is in hegtenis geneem. Die man word tans onder polisiebewaking in die hospitaal behandel en sal in die hof verskyn wanneer hy ontslaan word.
Ek sien weer dis blanke hande in die tronk. Realiteit is ‘n ander storie. Maar nou ja, die pers bly maar die pers.