ʼn 18-jarige meisie is Sondagoggend beseer toe die perd waarop sy by die Wylebach-melkplaas buite Walkerville gery het, in ʼn sloot beland, omgerol en haar toe in die gesig geskop het, het paramedici gesê.
Paramedici het deur middel van gevorderde lewensondersteuning haar eers stabiliseer voordat sy per helikopter na die Unie-hospitaal in Alberton geneem is, het Derrick Banks, woordvoerder vir ER24, gesê. Die meisie se pelvis is gebreek en sy het rug-, nek- en gesigbeserings opgedoen.