Meisie ernstig na sy deur hond aangeval is

ʼn Kleuter is in ʼn ernstige toestand nadat sy Dinsdagmiddag deur ʼn Amerikaanse veghond aangeval is by ʼn huis in Kempton Park.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die meisie, wat na bewering 6 jaar oud is, het ernstige wonde aan haar kop en linkeroor opgedoen. Banks sê die meisie het erg gebloei en daar is verbande om haar kop gebind om die bloeding te stop. Hy sê die meisie is op die toneel gestabiliseer voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is. Banks sê dit is nie duidelik aan wie die hond behoort of hoekom hy die meisie aangeval het nie. Die owerhede ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.