Meisie glo verkrag, oog uitgekrap

Die saak teen ʼn tienerseun wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn agtjarige meisie verkrag en haar linkeroog uitgekrap het, is uitgestel tot aanstaande maand.

Die 15-jarige seun is in die sorg van sy ouers vrygelaat nadat hy Woensdag in die Gingindlovu hof in KwaZulu-Natal verskyn het. Die saak is uitgestel tot 25 Mei. Die beskuldigde het die meisie glo Maandagmiddag in ʼn suikerrietveld ingetrek en verkrag. “Hy het haar linkeroog uitgekrap maar kon nie daarin slaag om die regteroog ook uit te krap nie. Sy het erg gebloei,” het ʼn polisiewoordvoerder, kapt. Thulani Zwnae, gesê. Hy sê die beskuldigde het die meisie ook in die nek gebyt. “Die slagoffer kon skaars loop maar kon daarin slaag om na haar huis te kruip voor sy inmekaargesak het.” Volgens berigte het die beskuldigde se ouma die polisie geskakel om haar kleinseun in hegtenis te kom neem. Die meisie is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.