Amanda se ma, Elzet, het laat gistermiddag op Facebook geskryf: “Amanda is lief vir al haar familie en vriende. En sê dankie vir al die omgee en gebede. Die spesialis is baie tevrede! Amanda gaan huistoe!!!!” Amanda en haar sussie het Dinsdagmiddag saam hul pa, Kerneels, by familie gaan kuier toe sy deur ʼn Duitse herdershond aangeval is. Sy het sowat 15 bytplekke aan haar gesig en kop opgedoen. Sy is na die MediClinic in Brits gejaag waar sy gestabiliseer is. Sy is daarna na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem vir behandeling deur ʼn spesialis. “Amanda kan nie lag nie dis te seer, maar sy wys ‘sharp’ vir al haar Liewe Jesus maatjies wat so hard vir haar bid. Dit gaan baie goed met Amanda! Haar blou ogie loer weer vir ons. Die operasie was ‘n sukses. Sy het bietjie geëet vanoggend en appelsap gedrink. Prys die Here! Ek en Kerneels is doodmoeg! Die hond het Amanda gebyt, sy LEWE! Verder is daar geen sensasionele stories of stertjies nie. My pop is kwaad vir die hond want sy sê sy het niks eers gedoen aan hom nie.”
Kerneels het Woensdag almal bedank wat saam hulle gebid het terwyl die dokter hul “pragtige poppie weer heel gemaak het. Amanda moes letterlik 1000de steke kry, maar lyk soos geen Frankenstein.” Volgens Elzet was Amanda se ooglede byna afgeskeur. “Sy gaan baie seer hê. Dan moet sy volgende week Dinsdag terugkom want haar steke moet onder narkose uitgehaal word.”
Baie dankie vir julle opvolg berig!!
Ons bid vir haar vinnige herstel.By God is niks onmoontlik nie