ʼn 17-jarige meisie is dood nadat sy by ʼn ashoop onder die wiele van ʼn swaarvoertuig beland het.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het gesê die voorval het Woensdag naby New Englandweg in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gebeur.
“Die meisie was tussen ‘n groep mense wat op die stortingsterrein deur die rommel gegrawe het. Die vragmotor het agteruit beweeg toe dit haar getref het,” het Botha gesê. Sy is op die toneel dood verklaar.