Meisie se bendeverkragting, dood sterk veroordeel

Die regering het Donderdag sy misnoeë uitgespreek oor die dood van die 17-jarige Anene Booysen van Bredasdorp in die Boland. Booysen is Saterdagaanddood nadat sy deur vier mans verkrag is.

Maroela Media het Woensdag berig Booysen het een van haar verkragters geïdentifiseer voor sy in die hospitaal oorlede is. Veiligheidswagte het Saterdagoggend op Booysen afgekom. Sy is verkrag en erg aangerand en haar liggaam is geskend. Booysen is na die Tygerberg-hospitaal geneem waar sy Saterdagaand oorlede is. Volgens inwoners was ʼn voormalige vriend van Booysen by die gru-daad betrokke.

ʼn 22-jarige man het Dinsdag in die Bredasdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en moord. Die saak is tot 12 Februarie uitgestel en die man bly in aanhouding. Die polisie soek steeds na sy medepligtiges.

Phumla Williams, regeringswoordvoerder, sê dié tipe voortdurende en brutale aanvalle is onaanvaarbaar en sal nie geduld word nie.

“Dit is kommerwekkend dat verkragting en mishandeling voorkom asof dit normaal is. Ons sal nie toelaat dat dit verder so aangaan nie,” het sy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.