Meisie se halfnaakte liggaam gevind

Die halfnaakte liggaam van ʼn 14-jarige meisie is by Boekenhouthoek in Kwaggafontein, Mpumalanga gevind.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, sê die meisie se liggaam is omstreeks 6:00 Maandagoggend deur ʼn verbyganger gevind wat die polisie in kennis gestel het. Die meisie het glo Sondagaand by ʼn vriendin gekuier en is glo aangeval toe sy op pad was huis toe. Die meisie is verwurg. Die polisie vermoed dat sy ook verkrag is.
Enigiemand met inligting kan lt. kol. Gladys Mahlangu kontak by 082 372 2131 / 013 986 1129.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize Le Roux ·

Natuurlik is sy verkrag ook, dis wat hulle doen, die gemors!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.