Graeme Harding, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasiebevelvoerder by Knysna, sê die meisie, glo tussen sewe en nege jaar oud, is omstreeks 17:00 Sondagmiddag deur ʼn roeier gevind waar sy gesig na onder in die water gedryf het. Harding sê die man het die meisie probeer bybring deur mond-tot-mond-asemhaling op haar toe te pas. Hy sê die meisie is na die strand gehaas waar ʼn dokter haar probeer bybring het voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is. Die meisie is later dood verklaar. Harding sê daar was aanvanklik geen teken van die meisie se familie nie. “Mense het later die polisie gekontak en gesê hulle was saam met die meisie en dat hulle gedink het sy swem. Hulle verhouding met die kind en hul weergawe van die gebeure word deur die polisie ondersoek.”
Meisie se liggaam in strandmeer gevind
Die liggaam van ʼn jong meisie is Sondag in die Knysna-strandmeer gevind.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
Een kommentaar
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
Ai hoe tragies. Haar lewetjie het nou eers begin.