Meisie se lyk op strand gevind

Die liggaam van ʼn jong meisie is Vrydag op Muizenberg-strand in Kaapstad gevind.

ʼn Woordvoerder van die polisie, lt. kol André Traut, sê die meisie se liggaam was in die sand begrawe. “Omdat die meisie se liggaam aan die elemente blootgestel is, is dit nie nou al moontlik om haar te identifiseer of oor haar ouderdom te spekuleer nie.” Traut sê die oorsaak van haar dood sal met ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.